Offline
READ RHAPSODY Today's Devotional in Afrikaans
By King Joe Kima
Published on 12/05/2025 09:05 • Updated 06/07/2025 06:48
Rhapsody of Realities

 

FOKUS OP WAT WERKLIK SAAK MAAK

EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg (Lukas 9:23).

Om ‘n ware sukses by die Here te wees, moet jy in sy wysheid wandel. Dit is om Hom eerste te stel en sy wysheid jou elke stap te laat lei. God se Woord is God se wysheid. Dus gee meer aandag aan die Woord. “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid...” (Kolossense 3:16).

Ongelukkig, leer baie mense hulleself om op die nienoodsaaklike dinge te fokus, want hulle weet nie wat waarlik noodsaaklik is nie. Hulle belê hulle tyd en energie in dinge wat nie vir die ewigheid tel nie. Dit bring ter gedagtenis die storie van die twee susters, Martha en Maria, wat verskillend gereageer het op Jesus se besoek aan hul huis (Lees Lukas 10:38-42).

Martha was oorweldig deur die talle take wat nodig was om 'n gas te onthaal, gepaard met baie angs en afleiding. In teenstelling, het Maria gekies om by Jesus se voete te sit en sy leringe te absorbeer en te deel in gemeenskap met Hom, en die Here het haar keuse aanbeveel. 

Toe Martha haar frustrasie uitdruk, het die Meester sag geantwoord: “...Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie” (Lukas 10:41-42). Die Meester het uitgewys dat Martha se prioriteite uit plek was.

Jy moet die Woord van God bo alles waardeer, want daar is soveel wat jy andersins nooit sal weet of verstaan nie. Fokus op wat werklik saak maak – jou studie en meditasie op die Woord, en jou gemeenskap met die Heilige Gees. Dit sal jou altyd op die pad van toenemende glorie, oorwinning, sukses en vooruitgang plaas, en jy sal ‘n lewe leef wat werklik die Here behaag en eer.

GEBED

Liewe Here, dankie vir u Woord wat u wysheid en doel openbaar. Ek fokus op die een ding wat die meeste saak maak – my gemeenskap met U, in, deur en volgens die Woord. Ek wandel in u wysheid, gelei deur u Gees, en ek onderwerp myself ten volle aan u doel, en vervul u wil, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Spreuke 4:20-22; Psalm 119:162 NKJV; Filippense 3:7-8

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Handelinge 18:1-23 & Job 9-11

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Lukas 7:1-10 & Deuterónomium 34


 
Comments
Comment sent successfully!