Offline
https://public-rf-upload.minhawebradio.net/250607/slider/5925e3a30547c4e2e3d648bc4a5ed5d5.png
READ RHAPSODY Today's Devotional in Afrikaans
By King Joe Kima
Published on 12/05/2025 09:05 • Updated 22/09/2025 09:24
Rhapsody of Realities

 

JY IS DIE UITDRUKKING VAN DIE SEËNING

Ek sal jou 'n groot nasie maak, en Ek sal jou seën en jou naam groot maak; en jy sal 'n seën wees (Genesis 12:2 CAB23).

Galasiërs 3:29 sê: “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” Die seën van God is nie alleenlik iets wat jy ontvang het met jou wedergeboorte nie, maar dit sluit ook in dit wat jy nou is. God het nie net vir Abraham gesê dat “hy hom sal seën” nie, maar Hy het daarby gevoeg dat Abraham “‘n seën sal wees.” 

Dit beteken dat Abraham die tentoonstelling van God se seën geword het, en as nageslag van Abraham is jy ook die uitdrukking van die seën. In Christus is jy die vervullling van God se belofte aan Abraham. Jy is nie opsoek na die seën nie. Jy is ‘n draer van die seën. 

Die seëninge is nie net vir materiële besittings nie; maar is ook in geestelike krag. Dit is ‘n krag wat dit moontlik maak dat alles waaraan jy mag raak, sal floreer. Dit maak jou vrugbaar, produktief en invloedryk. Selfs jou teenwoordigheid in ‘n plek sal die oorsaak wees van goddelike resultate. Josef was ‘n goeie voorbeeld van hierdie waarheid. Al was hy as slaaf verkoop sê die Bybel: “...En die Here was met Josef, sodat hy 'n voorspoedige man was...” (Genesis 39:2). Hoekom? 

Dit was omdat die seën op hom was. Alles om hom het daarop reageer, sodat selfs terwyl hy in die tronk was hy beskou was as ’n persoon met invloed. Vanuit die tronk het hy uit gekom en is aangestel as Eerste Minister van Egipte. Hierdie is ook jou realiteit. 

Jy is die saad van Abraham, geroep om ’n seën in jou wêreld te wees. Jy is ongewoon. Die krag van die hemele werk in en deur jou. Wees bewus van hierdie waarheid. Verklaar dit daagliks; leef daarin. Laat dit in jou woorde, dade en verwagtinge weerspieël word. Jy is die uitdrukking van die seën!

BELYDENIS

Ek is die nageslag van Abraham. Ek is ’n erfgenaam en mede-erfgenaam met Christus. Ek is geseënd om ‘n seën te wees. Die krag van die seëning werk in en deur my. Orals waar ek gaan, bring ek guns, groei en goddelike invloed. Ek is die uitdrukking van God se goedheid op aarde. Hallelujah!

VERDERE STUDIE:

Génesis 12:2-3; Galásiërs 3:29; Génesis 39:2-5

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Galásiërs 6:1-18 & Jesaja 9-10

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Lukas 24:13-27 & II Samuel 17-18

Comments
Comment sent successfully!